Hierdie GRATIS Bou-’n-Valentyn-monster is ’n prettige knip-en-plak handwerk wat ontwerp is vir Graad R en Graad 1-leerders.
Elke kaart bevat ’n oulike boodskap om familiebande en vriendskappe te vier.
Die hulpbron is beskikbaar in kleur en swart-en-wit. Die swart-en-wit weergawe kan as ’n kreatiewe handwerk gebruik word waar leerders hul eie monster inkleur, uitknip en aanmekaar sit. Gebruik die kleurweergawe wanneer jy min tyd het en ’n kleurdrukker beskikbaar het.
Sodra dit voltooi is, kan leerders hul monsters aan vriende of familielede gee. Leerders kan hul naam agterop skryf of kies om hul naam geheim te hou.
Hierdie produk sluit in:
- 5 GRATIS sjablone (template) met oulike Valentynsboodskappe om 5 individuele Valentynmonsters te bou.
Hierdie inkleur, knip en plak aktiwiteit bevorder fyn-motoriese vaardighede wat handspiere en hand-oog-koördinasie ontwikkel. Gebruik dit met Valentynsdag vieringe, by leerstasies of sentrums of vroeg-oggend aktiwiteite voor daar met formele werk begin word.
PDF - Immediate download





Reviews
There are no reviews yet.